Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Douwleen Bredenhann

@ Sunday Times Books LIVE

Daar’s ’n lekker gesprek oor bloed op 5 Maart 2012 by die US Woordfees: BLOED-WÁT? Met Malene Breytenbach, Douwleen Bredenhann, Ilse Salzwedel en gespreksleier Karin Brynard

Vroeg-Maart het spesiale betekenis in Stellenbosch – dan is dit tyd vir die jaarlikse US Woordfees wat amptelik aangewys is as die gewildste fees in die land. Vanjaar vind dit plaas van 2-11 Maart 2012. ’n Absoluut ongelooflike verskeidenheid van items en produksies word aangebied. Ek sou kon doen met nog ’n paar kat-lewens om alles wat ek graag wil sien, ingepas te kry.

Op 5 Maart gesels Karin  Brynard, skrywer van die bekroonde boek Plaasmoord, met my oor my roman BloedwaterMalene Breytenbach oor haar roman Bloedgrond en Ilse Salzwedel oor haar nie-fiksieboek, Bloedsusters. Hierdie drie boeke het almal in 2011 verskyn met eenwoordtitels waarvan die eerste deel Bloed- is. Was ons terwyl ons geskryf het bewus van mekaar se titels? Nee, dis absolute toeval! En die boeke handel oor totaal verskillende temas, hoewel bloed en bloedbande in al drie boeke ’n prominente rol speel. Karin gaan met haar skalpel onder ons inklim – ons weet self nog nie presies wat sy met ons gaan aanvang nie, maar kom kyk en luister, julle sien dalk net bloed spat op die verhoog … ’n Vriendelike waarskuwing: geen (ander) skalpels sal binne die boektent toegelaat word nie. (Bring eerder pleisters saam).

Kaartjies is teen R40 te koop by Computicket.

Volledige besonderhede: 5 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R40

Koop ‘n kaartjie

Kry die volledige program op die Woordfees se webtuiste

Boekbesonderhede:

Bloedwater deur Douwleen Bredenhann

Boek se tuisblad

EAN:9780798155595

Spoor Bloedwater met BOOKFINDER op