Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Douwleen Bredenhann

@ Sunday Times Books LIVE

About Douwleen Bredenhann

Douwleen Bredenhann is gebore in Windhoek, Namibië op 19 September 1954. Sy het grootgeword in Port Elizabeth, Windhoek, Kimberley en Kuruman.

Na skool studeer sy vir ‘n jaar kuns in Pretoria en voltooi daarna ‘n BA in Politieke Wetenskap en Openbare Adminstrasie by die Universiteit van Stellenbosch. Meer onlangs het sy vir ’n paar jaar webontwikkeling vir Stad Kaapstad se waterafdeling op ’n kontrakbasis gedoen. Sy is getroud met Steph, ‘n siviele ingenieur en padspesialis. Die gesin woon vanaf 1992 in die Helderberg omgewing en tans in die Strand.

Sedert 1988 is haar lewensverloop grootliks gevorm deur die dood van hul oudste dogter, Liesl, wat op die tenger ouderdom van agt jaar vermoor is. Douwleen vertel van dié grusame ervaring en hoe dit hul lewens beïnvloed het in haar debuutboek, ‘n Hemelhoë hekkie, en die Engelse vertaling daarvan, Living without Liesl. Albei boeke is deur Tafelberg uitgegee in 2010.

In 2011 verskyn haar eerste roman, Bloedwater, by Human & Rousseau. Ander skryfpassies sluit in kortverhale en limerieke. Sy geniet die skerp humor en uitdagende dissipline wat die skep van ‘n suksesvolle limeriek vereis.Verder hou sy van sport, skilder en speel klavier.

Boeke deur Douwleen sowel as ander gepubliseerde bydraes:

2012 – Pomp 12 - Daar ry Bert – bydrae, Griffel Media
2011 – Bloedwater - roman, Human & Rousseau
2011 – Blou Maandag - As die turksvybos lemoene dra – kortverhaal, samesteller Kerneels Breytenbach, Tafelberg
2010 – ‘n Hemelhoë hekkie, outobiografie, Tafelberg
2010 – Living without Liesl, outobiografie, Tafelberg (vertaling van ’n Hemelhoë hekkie)
2010 – Pomp 11- Liewe Ingrid Jonker – bydrae, Griffel Media
2001 – erupsie/e-ruption - Die dominee se dogter en die das – kortverhaal, Contentlot.com skrywerskompetisie
1999 – Gesinsomnibus – 16 Bybel-limerieke, samesteller Maretha Maartens, JP Van der Walt

 

Please register or log in to comment